Dalene Matthee

Список книг автора Dalene Matthee



    Fiela se kind: Die drama

    Dalene Matthee

    Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysnabos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ‘n “weggooilam” wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ‘n bruin gesin in die Lange Kloof kry.

    Kringe in 'n bos: Skooluitgawe

    Dalene Matthee

    ’n Houtkapper met ’n rustelose siel. ’n Legendariese olifantbul wat losbreek van sy trop … In die groen skemerwêreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. ’n Man en sy dier-broer – saamgegooi in ’n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Hierdie boek is bekroon met die ATKV-prosaprys (1984).

    Toorbos

    Dalene Matthee

    Toorbos is ´n bosromanse. Dit is die storie van ´n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ´n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry. Karoliena Kapp is ´n alleenkind wie se moeder drie mans gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien deur ´n man, Johannes, ´n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bos-armoede losgewikkel het. Nog voor sy twintig is, word Karoliena «afgetrou» met hom, en moet sy ´n dorpseggenote word nadat sy geskool is om haar plek in hierdie hiërargie in te neem. Die wêreld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar ´n mistieke ervaring moontlik – dit is die soort vervoering wat Karoliena soek – terwyl die dorpsbestaan aan ´n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy – en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar «iewers, iewers iets verskriklik verkeerd» is. Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir ´n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: «wie´s-jy, wie´s-jy».

    Moerbeibos

    Dalene Matthee

    Italiaanse sywurmboere word ingevoer om ’n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswêreld, maar moerbeibome verseg om in potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reën, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het. Die man wat hulle tot hulp kom, is ’n bosmens met ’n onregeerbare dogter en ’n kop vol planne – die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op ’n skip kry, terug Italië toe . . .

    Kringe in 'n bos

    Dalene Matthee

    Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel – hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is daar 'n legendariese olifantbul – Oupoot – wat losbreek van sy trop … Oupoot en Saul het 'n vreemde band tussen hulle. In die groen skemerwêreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. 'n Man en sy dier-broer – saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Saul volg Oupoot se spoor, al nader aan die waarheid wat sy lewe vir altyd sal verander.

    Fiela se kind

    Dalene Matthee

    God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie. Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind – deur die Here aan haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, ´n weggooilam. Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige kind weggeraak het. Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens? Kon ´n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Dié vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die bruinmense kry. En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek? Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.