Margaret Bakkes

Список книг автора Margaret Bakkes



    'n Ver plek vir Zilla

    Margaret Bakkes

    Zilla Fourie, ’n plaasmeisie, gaan studeer skilderkuns op universiteit. Sy ontmoet die vurige Piero Basson, ’n senior student in beeldhou, en hulle is gou smoorverlief. Toe Piero se pa sterf, besluit hy en sy Italiaanse ma om na Florence te verhuis. Piero dring daarop aan dat Zilla by hulle aansluit en in Italië verder studeer. Sy besluit om die somervakansie aan die einde van haar eerste jaar in Florence deur te bring, maar daarna terug te keer na Suid-Afrika. In Italië ontdek sy dat Piero se ma ’n ander meisie, die beeldskone Giulia, genooi het om terselfdertyd by hulle te kuier.

    My ouma in kaneel

    Margaret Bakkes

    Toe Magriet-hulle die eerste keer van die plaas in die Stormberge af weggetrek het, was dit vir haar bitter swaar om haar geliefde ouma agter te laat. Soos sy ouer word, kry sy egter begrip vir die moeilike besluite wat haar ouers moes maak. Gedurende hul gesin se omswerwinge maak Magriet nuwe vriende en ervaar eerste liefde. Maar sy maak ook kennis met die dood en besef dat selfs haar ouma nie so sag en perfek is as wat sy haar onthou het nie. ’n Pragtige grootwordverhaal wat afspeel in die Depressiejare.