Naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012)
Op ’n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. Mosman is direkteur van ’n obskure intelligensieafdeling, bemoeid met die identifikasie van die oorskot van dié wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid, en die opsporing van hul moordenaars. ’n Naam in ’n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, mariene bioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom, en na die jaar toe Luca sy pa verloor het.
Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. Seisoen van sonde was ook op die kortlys vir die M-Net Filmtoekenning. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-Prys vir Spanningslektuur vir Abel se ontwaking. Hy is ’n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van twee kinderboeke (Floris sapiens en Die jokkie wat met perde kon praat), sowel as Human & Rousseau se Ware misdaad-reeks. ’n Man van min belang is die naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012). Hy woon deesdae in Kanada, omdat sy vrou ná veertig jaar in Suid-Afrika ook ’n tyd in haar geboorteland wou gaan bly.
As a young girl Charlize Theron saw Darryl Hannah in Splash and she was convinced that she would make a better mermaid. Ever since, she has pursued her dream with single-minded obsession. Prize-winning author Chris Karsten traces Charlize’s meteoric rise from a smallholding in South Africa to the pantheon of stars. Personal interviews with friends and family in South Africa and extensive research flesh out the life and career of this remarkable woman. Judging from the first 33 years of her life as revealed in this part-biography, Charlize will indeed one day be able to look back on her life and say: “This has been one helluva ride.”
Boek III in die Abel-trilogie maak ’n draai in Johannesburg, Brugge en Pakistan.In ’n motelkamer in Bez Valley dui bloed en hare in ’n bad op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide vel in formalien gevind word, weet Ella egter sy is weer op die spoor van die reeksmoordenaar Abel Lotz.Abel bevind hom in Brugge, by sy kubervriend Ignaz Bouts. Kort voor lank sit hy sy soektog voort na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, nou met Ignaz se hulp.Intussen word ’n Suid-Afrikaanse paspoort gevind aan die liggaam van ’n meesterbrein van Al-Kaïda. Kort daarna word ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel grusaam afgesny. Silas Sauls se moord-en-roofspan het hul hande vol. Iemand wou die man duidelik stilmaak, maar wie en waarom?
Boek twee in die Abel-trilogie.Ella Neser is met verpligte siekverlof na haar noue ontkoming aan Abel Lotz se skalpel. Tussen beradingsessies en harplesse, peins sy oor die foto’s van Abel se vier slagoffers, vasberade om hom te vang voor hy weer moor. Wanneer ’n inbraak uitloop op ’n sterfgeval, keer Ella terug om die skuldiges aan die pen te laat ry. Sy is egter nie die enigste een op hulle spoor nie. Is Abel Lotz terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?
Die waansin en wreedheid van geweld, maar veral die pyn van die slagoffers en hul naasbestaandes tref jou soos ’n krophou by die lees van die sesde titel in Chris Karsten se Ware Misdaad-reeks. Skrywer Pieter Pieterse was volksbesit toe hy al skrywende langs sy swembad oorval is. Goue seun van die Afrikaanse letterkunde Uys Krige se kleindogter, haar man, kinders en huishulp is eweneens genadeloos deur hul tuinier en ’n makker om die lewe gebring. Twee boosaardige jong motorkapers ontsien nie eers die lewe van ’n pragtige klein babadogtertjie nie. Tien ware verhale van godsgruwelike geweldenaars wat weer eens getuig van Karsten se vermoë om meer inhoud aan die koue feite te gee, en so die leser enduit gevange te hou.
Barbaarse misdade is deel van die Suid-Afrikaanse werklikheid, en hier is tien bondige en spannende oorvertellings van sommige van die verfoeilikste gebeure nog, dikwels met ’n grieselrige en onheilspellende kinkel. Alison glo haar oorlewing van die onbeskryflike wrede aanval deur twee (met-die-duiwel?) besetenes is aan wonderwerke te danke. Ewe boos en bisar is die optredes van die psigopatiese skroewedraaiermaniak, die pedofiel wat die skuld aan die deur van sy meervoudige persoonlikhede lê, en die sadistiese moordenaar en kannibaal wat nie eers sy eie dogtertjie ontsien nie.
Abel Lotz bewerk die velle van diertjies om te verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in Johannesburg verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag soek Abel ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Joernale. En ’n nuwe gesig.