Jan-Jan Joubert

Список книг автора Jan-Jan Joubert



    Will South Africa Be Okay?

    Jan-Jan Joubert

    In South Africa, they say, the best – and the worst – never happens. But how do we know the country is not going to tumble down the precipice this time? South Africans who are fed up with corruption – but love the country – have been waiting hopefully for nearly a decade for the Zuma era to come to an end. Now Cyril Ramaphosa is in charge, yet the future still seems uncertain. Since Ramaphosa moved into the Union Buildings, the unemployment rate has skyrocketed. The economy is stagnant. With Eskom barely being able to keep the lights on, populism on the rise and controversial schemes like a national health insurance being proposed, more and more South Africans are unsure about what the future holds. There are undoubtedly major challenges facing the country. Are we plummeting into the abyss this time, or is there hope? Will we be okay? The seasoned political journalist JAN-JAN JOUBERT looks at the burning issues of the day that can determine our fate. Will South Africa Be Okay? is essential reading for every South African who cares about the country's future and wants to be better informed.

    Gaan Suid-Afrika oukei wees?

    Jan-Jan Joubert

    In Suid-Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie? Suid-Afrikaners wat keelvol is vir korrupsie – maar lief vir die land – het byna 'n dekade lank hoopvol daarna uitgesien dat Jacob Zuma uit die kussings gelig word. Nou is Cyril Ramaphosa aan die stuur, maar steeds lyk die toekoms onseker. Sedert Ramaphosa die Uniegebou betrek het, het die werkloosheidskoers die hoogte ingeskiet. Die ekonomie groei nie. Met Eskom wat net-net die ligte kan aanhou, populisme wat wyd kop uitsteek en die beoogde nasionale gesondheidsversekering, soek al meer Suid-Afrikaners hul heil in die buiteland. Daar is ongetwyfeld groot uitdagings en Suid-Afrikaners is met reg bekommerd oor die toekoms. Gaan ons dié keer oor die afgrond stort, of is daar hoop? Gaan ons oukei wees? Die gesoute politieke joernalis JAN-JAN JOUBERT kyk na die brandende kwessies wat ons lot kan bepaal. Gaan Suid-Afrika oukei wees? is noodsaaklike leesstof vir elke Suid-Afrikaner wat ingelig wil wees en omgee oor die land se toekoms.

    Tafelberg Kort: Jonk en krapperig

    Jan-Jan Joubert

    Politieke straatgevegte is aan die orde van die dag en leiers skiet klaaglik te kort. Waar staan ons land vandag, amper agtien jaar ná die demokratiese oorgang? Jan-Jan Joubert, bekende politieke ontleder, betoog dat hoewel die land se puberteit nie sonder storm en drang is nie, alles nie net bleek lyk nie. Hy kyk indringend na sosiale euwels, ekonomiese kwessies en die lesse van Marikana in 'n deurdagte blik op die stand van die nasie.