Susan Pienaar

Список книг автора Susan Pienaar



    Onverwags myne

    Susan Pienaar

    Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se belangstelling af te weer. Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed – ’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is egter ’n regte bleeksiel en sy het ’n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red. Leonardo weet dat hy moet wegbly van die mooie Amanda af. Maar daar begin ’n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie hul oë of hande van mekaar afhou nie. Hy leef ’n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle lelik beduiwel. Dalk kan hulle tog aan ’n ooreenkoms dink wat vir beide partye tot voordeel sal strek? Dit blyk dat Amanda se eks nie wil aanvaar dat dinge tussen hulle verby is nie. Boonop beweeg Leonardo in eksklusiewe kringe: Sal Amanda kan aard tussen die Kaapse elite?

    Chirurg van harte

    Susan Pienaar

    Dokter Hugo Massyn sluit aan by die span van Avianto Hospitaal. Dit blyk dat hy nie veel ooghare vir dokter Natasja Engelin het nie. Wat haar betref, kan hy maan toe vlieg. Altans, eers nadat sy als wat sy kán by hom geleer het. Natasja wil nie muisneste in haar kop ronddra terwyl sy spesialiseer nie. Sy sukkel egter om die beeld van hom, sopnat in die reën met die wit hemp wat elke spier op sy breë bors ten toon stel, uit haar geheue te verban. Wie is al die vrouens in Hugo se lewe? Cassandra is ’n modepop en dokter Marina Botes het klaarblyklik groot waardering vir Hugo se gasvryheid. Boonop wil Hugo se ma haar familie se nalatenskap ten alle koste beskerm en Natasja se familiegeskiedenis is nie juis ideaal nie.

    Onbeteuelde liefde

    Susan Pienaar

    Bloudruk vir die liefde

    Susan Pienaar

    Wanneer ingenieur Salomé Delport per ongeluk hoor hoe haar nuwe baas, Malan Verster, twyfel of sy die manlike werkers op die bouperseel kan beheer, is sy vasbeslote om die vent verkeerd te bewys. Sy wat Salomé is, is net so gemaklik in ’n oorpak as in die blink rokkies wat sy by haar suster, Magdaleen, se dansskool dra. Malan moet haar nie onderskat bloot omdat sy ’n vrou is nie. Maar dit voel asof die perfeksionistiese Malan, ’n bekroonde argitek én ingenieur, alewig op die bouperseel rondhang om oor haar skouer te loer. Of is dit om ander redes dat hy gedurig haar geselskap opsoek? Selfs wanneer Salomé ’n ander sy van Malan sien – die een wat byna sorgvry die langpad na sy familieplaas met sy motorfiets aandurf – en dit lyk asof hy sy persepsie van haar verander het, bly Salomé lugtig vir hom, want sy wil nie bloot nóg een van sy string meisies word nie. Daarvoor het sy te veel selfrespek. Maak nie saak hoe aantreklik hy is nie . . .

    Dokter met die X-faktor

    Susan Pienaar

    Narkotiseur Leandra hoop net een ding oor die nuwe ortopediese chirurg, en dis dat hy nié een van die moeilike soort sal wees wat almal in teater verskree nie. Sy’t nie kon droom dat hy haar dadelik so sal boei nie – haar hande jeuk behoorlik om die vreemdeling te teken toe sy hom die eerste keer in die hysbak sien. Maar o wee! Toe moet sy ontdek dis einste dokter Dieter Erlank, dié mooie man in die hysbak, wat vanoggend haar parkeerplek gegaps het, en hy’t haar gehoor toe sy agterna die parkeerdief as ’n sot uitgekryt en sy voertuig beledig het − wat ’n slegte voet om mee af te skop! In teater gaan dit ook niks beter nie, en Leandra en Dieter hap oor en weer na mekaar, al drukkend op mekaar se knoppies. Wanneer hulle boonop sleg koppe stamp oor ’n moontlike geval van kindermishandeling, word Leandra se treurige geskiedenis ook bygesleep. Is Dieter en Leandra se onderskeie X-faktore vermors op mekaar?

    Wag-'n-bietjie-liefde

    Susan Pienaar

    Alex was Amber se hoërskool-crush. Dié ouer broer van haar vriendin Mandie was egter ver buite haar bereik, en in elk geval: “Pasop vir mooi mans,” só het Amber se hartseer ma haar geleer. Nou, jare later, is Alex weer in die prentjie. As Amber geweet het hy is op pad terug Suid-Afrika toe, sou sy nie as sy broer Kobus se au pair begin werk het nie. Sy moet saam met Mandie en albei haar broers op vakansie gaan, en het te kampe met Alex se sjarme – maar genade, die man kan ook ’n buffel wees! – en Kobus se meisie, wat ’n ogie op Alex het. Wanneer Amber in die hospitaal beland, word die ding tussen haar en Alex op die spits gedryf . . . Maar wat is daar tussen hom en sy sekretaresse, Liefie?

    Sluimerliefde

    Susan Pienaar

    Karli en Henk was aanvanklik beste maats toe sy by hom ’n kamer gehuur het. Maar skielik het hy stringe meisies begin huis toe bring, en boonop het hy en Karli stry gekry omdat hy rojaal leef en Karli gewoond is aan versigtig wees. Sy het uitgetrek en self ’n aanhangsel gekry, maar die naweek in Golden Gate was lankal beplan. Nou moet Henk se nuutste meisie, Anchen, en Karli se vatterige Maritz noodgedwonge saam op die naweek. Van die eerste sekonde maak alles wat Anchen en Maritz doen Karli heeltemal mal. Maritz klou en koer aaneen en Anchen doen dieselfde met Henk – wat sien hy tog in haar! Die naweek by Golden Gate raak ’n nagmerrie, met Maritz se vuil streke, bobbejane wat verwoesting saai en Anchen se mislikheid met Karli. En Henk vang boonop dinge met Karli aan wat haar laat dink hy moet ’n player wees, al geniet sy dit hóé. Terug in Gauteng lyk dit asof hul vriendskap gekelder sal word deur Anchen. En hoekom, hoekom kry Karli dit tog nie reg om die vreemde gedagtes en drome oor Henk uit haar kop te sit nie? Hy’s haar goeie vriend en boonop ’n rokjagter . . .

    Liefde onder die sterre

    Susan Pienaar

    Lisa het Karoo toe gekom om haar vriendin Tillie deur ’n moeilike swangerskap by te staan. Dis al. Sy hou niks van die stowwerige Karoo nie, en sy’t allermins hierheen gekom op soek na ’n man – sy’t immers onlangs eers ontslae geraak van haar vatterige verloofde. Tillie se buurman en haar man se groot vriend, Kallie, is ’n buffel en glad nie haar tipe nie. En tog . . . Wanneer Kallie ’n krisis deurmaak en baie buitengewone hulp van Lisa nodig het, stem sy in, suiwer ter wille van sy skatlike dogtertjie. Dié het sommer vinnig diep in Lisa se hart gekruip. Maar buiten dit, gaan Lisa haar hart beskerm. Niks en niemand gaan haar lank in die Karoo hou, weg van haar swierige boetieks nie, so belowe sy haarself. Ook en veral nie Kallie nie . . .