Marida Fitzpatrick

Список книг автора Marida Fitzpatrick



    Iemand vir 'n scoop?

    Marida Fitzpatrick

    Andi Niemand is op die punt om die groot 30 te slaan – en het, so voel dit haar, nog weinig bereik. Wat het van die plan geword om vir Sarie te skryf? Of om haar doelgewig te bereik? En waar is die held wat veronderstel is om aan haar sy te staan? Nee, sy werk nog steeds vir die poniekoerant Pers, is so single as kan kom en kan nie eers van soetgoed wegbly ter wille van haar vriendin se troue nie – die troue waarop sy strooimeisie moet wees.
    Wanneer Andi die groot scoop kry oor Jack Greeff, bekende musikant en celeb, dink sy nie twee keer nie. Dít is haar kaartjie op die eerste vlug Kaap toe, na die kantore van Sarie; dit is die groot storie waarvoor sy jare al wag. En boonop begin die sexy droom van ’n Luan ernstig met haar flankeer.
    Hoe kan enigiets dan verkeerd gaan. . .?

    Eksklusief uit Eden

    Marida Fitzpatrick

    Mia Bindemann skryf vir ’n lewe. Maar anders as wat sy graag wil, skryf sy nie artikels of nuusberigte nie. Sy skryf sepie-opsomminkies vir Nuusweek se TV-gids. Dan kry sy haar kans: Nuusweek stuur haar na Bahrein, ’n eksotiese woestyneiland in die Midde-Ooste, ’n plek bekend as die Tuin van Eden. Sy moet ’n artikel gaan skryf oor ’n bomontploffing op ’n veerboot waarin baie Suid-Afrikaners dood is. Maar dit kan nie sommer enige artikel wees nie, waarsku Grethe haar vooraf. Sy moet ’n scoop kry – eksklusief vir Nuusweek. ’n Boheemse duiker genaamd Eric voer haar weg op ’n Midde-Oosterse towertapyt van geure, genot en gevaar. Met die son in sy blonde krulhare, is Eric vir Mia ’n onweerstaanbare engel – al val daar soms skadus oor sy seeblou oë. Deur Eric leer ken sy die wonders van Bahrein, maar ook die eiland se donker kant. En dan is daar die ambisieuse Malan Retief, hoofverslaggewer van Verslag, wat met Mia meeding om die scoop. Met sy ontwerperskoene, stoppelbaard en geamuseerde glimlag maak hy Mia se lewe ondraaglik. En tog gaan haar hart aan die klop elke keer as ’n e-pos van hom met ’n pieng in haar inboks land…