Marijke Greeff

Список книг автора Marijke Greeff



    Satyn Omnibus 1

    Marijke Greeff

    In Marijke Greeff se Een keer in ’n leeftyd lê Alexandra se wêreld aan skerwe. Ure nadat sy met Neil getroud is, beland hulle in ’n ongeluk en verloor hy sy sig. Om die lewe vir haar nog moeiliker te maak, verskyn Maria, ’n beeldskone ouer en ervare vrou, op die toneel en probeer haar bes om Neil af te rokkel. In Vita du Preez se Hartsake is Linka ontsteld wanneer die plaas Njala, wat sy nog altyd as haar geboortereg beskou het, aan Ryk Hattingh toegeslaan word. Dié man is boonop besonder sexy, ’n regte haan onder die henne. En in Ettie Bierman se Vlinder teen die ruit neem Surita haar voor om alle mans uit haar lewe en uit haar hart te verban. Maar dan raak sy op Hendro, haar swaer, verlief . . . Of is dit Douw, die man met die “sjokolade-stem”, wat haar lewe in ’n nuwe rigting gaan dwing?

    Skoonlief en die dirigent

    Marijke Greeff

    Nina O'Neill se troetelnaam is dalk Skoonlief, maar sy’s nie ’n meisie wat jy sonder handskoene aanpak nie. Sy is 'n inspekteur van Georganiseerde Misdaad in die Polisiediens en het ses ouer broers. Na 'n voorval waar Nina op invloedryke mense se tone trap, kry sy opdrag om deel uit te maak van Quinn Chauncey se sekuriteitspan tydens sy optrede in Suid-Afrika. Quinn mag dalk ’n wêreldberoemde Ierse dirigent en violis wees, maar Nina beskou sy uitverkoopte konserte as tydmors en onbelangrik. Quinn hoor Nina by 'n troue sing en toe een van sy soliste siek word, vra hy Nina om in te staan. Maar die vonke spat behoorlik tussen Skoonlief en die dirigent!