In Somer van die rooi robyn reis Nicole na die Kaap om daar by haar ouers aan te sluit. Haar avonture sluit in storms ter see, seerowers en ’n silwer robynhalssnoer wat ’n vloek dra. En dit is maar nog net die begin . . .
In Somer van die rooi robyn reis Nicole na die Kaap om daar by haar ouers aan te sluit. Haar avonture sluit in storms ter see, seerowers en ’n silwer robynhalssnoer wat ’n vloek dra. En dit is maar nog net die begin . . .
In Spoelgoud verhuis Beth in die vroeë 1870’s na Pelgrimsrus. Hier ervaar sy eerstehands die onsekere geluk en beproewings van ’n delwersgemeenskap – armoede en harde werk is haar voorland, maar dit ís ’n nuwe begin . . .
En in Die geheim van Rust der Vrede word Engela na die landgoed Rust der Vrede ontbied, al word sy deur die familie soos ’n uitgeworpene behandel. Sy ontmoet die sjarmante, welgestelde landheer Armand de Savoye, en dis duidelik dat hy ’n groot rol in haar lewe sal speel. Maar dan kom sy tot die skokkende besef dat haar lewe in gevaar is . . .
Na twintig jaar in ’n klooster in Frankryk, hoor Rozanne de Savoye dat haar moeder nog leef en waarskynlik iewers aan die Kaap de Goede Hoop woon. Bykans ekstaties van vreugde en opwinding reis Rozanne na die Kaap – om sommer uit die staanspoor met teleurstellings en teenslae te doen te kry. Boonop raak sy vergeefs verlief op Armand le Riche, ’n aantreklike jong avonturier wat haar leer dat die liefde maar net ’n speletjie is. Rozanne se teenwoordigheid aan die Kaap skep spanning in die lewens van baie mense: Armand se ouers wat haar as ’n klein fortuinsoekster sien; die bekoorlike Angélique wat vier jaar lank op Armand se tuiskoms gewag het; Jacques le Riche, wat haar vir sy eie geldsugtige doeleindes wil gebruik; en Armand se tante wat met vrees en bewing verneem het van die jong “non” wat gekom het om die verlede oop te krap . . . Die spanning tril later snaarstyf, want ’n gemaskerde boosdoener probeer boonop telkens om Rozanne uit die weg te ruim.
Toe Leia as jong skipbreukeling aan die ooskus van Afrika uitspoel, het Tembisa, ’n inboorlingvrou, haar gevind en grootgemaak. Net voor Tembisa se dood het sy vir Leia ’n kosbare goue hangertjie met ’n vreemde embleem daarop gegee. Dit was om haar nek toe sy gevind is. “Jy moet die pad loop waarheen dit jou neem,” het Tembisa gesê. “Jy hoort waar die hangertjie vandaan kom . . .” Leia se lewe slaan dan ook onherroeplik ’n nuwe rigting in wanneer sy gevange geneem word deur ’n slawehandelaar, Lantini, en verkoop word aan die aantreklike graaf Jacques de la Fontaine. Die beeldskone wit slavin se koms op La Liberté veroorsaak ’n beroering. Sy is glad nie gedienstig nie, en haat haar ingeperkte vryheid en die mense wat dit veroorsaak intens. Haar sonderlinge skoonheid en ingebore adellikheid val mense op en bring komplikasies mee. Lantini wil haar graag terughê om teen ’n hoër prys van die hand te sit, en Beatrice de Boudelaire, die graaf se toekomstige vrou, wil haar tot elke prys weg hê van La Liberté. Intussen is daar nog die goue hangertjie met die vreemde embleem wat die enigste sleutel is tot Leia se vergete verlede . . .
Vir Theresa Verhoef, die vaal dogter van Barnard Verhoef vir wie hy geen liefde het nie, lyk die toekoms baie duister. As deel van ’n saketransaksie moet sy met die losbol-buurman Sias Beneke trou, en sy het haar pa se wense nog altyd gehoorsaam. Maar wat moet sy doen as sy die buurman verfoei? Toe Theresa Sias kort voor hulle huweliksbekendmaking met sy vorige meisie in ’n omhelsing betrap, weet sy vir seker dat sy nié met die klugspel kan voortgaan nie. Sy jaag die veld koersloos op haar perd in en loop haar trompop vas in die gevreesde El Toro en sy bendelede, wat reeds tien jaar lank ’n skrikbewind voer op Pelgrimsrus en die omliggende delwerye. Toe hulle uitvind wie haar pa is, besluit hulle dadelik dat dit hulle lang verwagte kans is om terug Europa toe te gaan, en hulle eis ’n losprys van tienduisend pond van haar pa. Maar wat gaan hulle doen wanneer hulle uitvind dat Barnard Verhoef nie bereid is om ’n pennie vir sy lelike dogter te betaal nie? En gaan haar jongmeisiedrome van jare gelede bewaarheid word?
Slavin van La Liberté Toe Leia as jong skipbreukeling aan die ooskus van Afrika uitspoel, het Tembisa, ’n inboorlingvrou, haar gevind en grootgemaak. Net voor Tembisa se dood het sy vir Leia ’n kosbare goue hangertjie met ’n vreemde embleem daarop gegee. Dit was om haar nek toe sy gevind is. “Jy moet die pad loop waarheen dit jou neem,” het Tembisa gesê. “Jy hoort waar die hangertjie vandaan kom . . .”
Leia se lewe slaan dan ook onherroeplik ’n nuwe rigting in wanneer sy gevange geneem word deur ’n slawehandelaar, Lantini, en verkoop word aan die aantreklike graaf Jacques de la Fontaine. Die beeldskone wit slavin se koms op La Liberté veroorsaak ’n beroering. Sy is glad nie gedienstig nie, en haat haar ingeperkte vryheid en die mense wat dit veroorsaak intens. Haar sonderlinge skoonheid en ingebore adellikheid val mense op en bring komplikasies mee. Lantini wil haar graag terughê om teen ’n hoër prys van die hand te sit, en Beatrice de Boudelaire, die graaf se toekomstige vrou, wil haar tot elke prys weg hê van La Liberté.
Intussen is daar nog die goue hangertjie met die vreemde embleem wat die enigste sleutel is tot Leia se vergete verlede . . .
Gister se verlange Na twintig jaar in ’n klooster in Frankryk, hoor Rozanne de Savoye dat haar moeder nog leef en waarskynlik iewers aan die Kaap de Goede Hoop woon. Bykans ekstaties van vreugde en opwinding reis Rozanne na die Kaap – om sommer uit die staanspoor met teleurstellings en teenslae te doen te kry. Boonop raak sy vergeefs verlief op Armand le Riche, ’n aantreklike jong avonturier wat haar leer dat die liefde maar net ’n speletjie is.
Rozanne se teenwoordigheid aan die Kaap skep spanning in die lewens van baie mense: Armand se ouers wat haar as ’n klein fortuinsoekster sien; die bekoorlike Angélique wat vier jaar lank op Armand se tuiskoms gewag het; Jacques le Riche, wat haar vir sy eie geldsugtige doeleindes wil gebruik; en Armand se tante wat met vrees en bewing verneem het van die jong “non” wat gekom het om die verlede oop te krap . . . Die spanning tril later snaarstyf, want ’n gemaskerde boosdoener probeer boonop telkens om Rozanne uit die weg te ruim.
Geliefde banneling Vir Theresa Verhoef, die vaal dogter van Barnard Verhoef vir wie hy geen liefde het nie, lyk die toekoms baie duister. As deel van ’n saketransaksie moet sy met die losbol-buurman Sias Beneke trou, en sy het haar pa se wense nog altyd gehoorsaam. Maar wat moet sy doen as sy die buurman verfoei? Toe Theresa Sias kort voor hulle huweliksbekendmaking met sy vorige meisie in ’n omhelsing betrap, weet sy vir seker dat sy nié met die klugspel kan voortgaan nie. Sy jaag die veld koersloos op haar perd in en loop haar trompop vas in die gevreesde El Toro en sy bendelede, wat reeds tien jaar lank ’n skrikbewind voer op Pelgrimsrus en die omliggende delwerye.
Toe hulle uitvind wie haar pa is, besluit hulle dadelik dat dit hulle lang verwagte kans is om terug Europa toe te gaan, en hulle eis ’n losprys van tienduisend pond van haar pa. Maar wat gaan hulle doen wanneer hulle uitvind dat Barnard Verhoef nie bereid is om ’n pennie vir sy lelike dogter te betaal nie? En gaan haar jongmeisiedrome van jare gelede bewaarheid word?
Die jong Isabeau se lewe saam met haar ouers op die Franse platteland is nie idillies nie, maar daarvoor vergoed haar vriendskap met die skaapwagterseun Simon. Net voor Isabeau-hulle vir die soveelste maal na ’n ander dorp moet trek, sweer hulle twee trou aan mekaar, en Isabeau belowe dat sy sal terugkeer na Simon. Maar toe die noodlot ingryp, beland Isabeau op ’n seerowerskip, en daar bevind sy haar vir die volgende sewentien jaar van haar lewe. Sy word herdoop tot Solita, en met elke jaar wat verbygaan, vervaag haar hoop dat sy haar jeugliefde ooit weer sal sien en geluk saam met hom sal smaak. En toe die seerowerjagter Armand du Bois op die toneel verskyn, krap hy al haar toekomsdrome deurmekaar.
In Masker van die verlede raak Angélique de Busset in die Kaap onder dwang verloof aan die markies van Touraine. Swaardgevegte, liefdesdriehoeke en vele intriges lê in haar toekoms, en eindelik sal Angélique moet besluit of sy gaan trou met die selfversekerde markies en of sy haar eie kop gaan volg. In Kring van wraak spoel ’n bittere vyandskap tussen drie Franse gesinne oor na die Kaap van Goeie Hoop wanneer hulle daarheen verhuis. Die pragtige Constance Tourain wil hê dat haar ouers die strydbyl moet begrawe, veral wanneer sy liefde vind, maar ou vetes kom nie maklik tot rus nie. En in Swerwers op die goudpad is Amy altyd aan die vlug, wég van die bedrogspul waardeur sy van haar erfplaas beroof is. Nou droom sy van Pelgrimsrus se spoelgoud . . . én van liefde.
Pad na die skavot is ’n spanningsvolle Kaapse verhaal. Vir Celèste du Toit is Armand de Bordeaux meer as ’n werkgewer – hy is haar droomheld. Sy weet egter dat haar drome oor hom drome sal bly, want hy is ’n graaf, ’n skatryk edelman, en sy ’n gewone bediende. Maar dan bevind sy haar in ’n avontuur wat haar hele lewe omverwerp.In Erfenis van liefde is Camille Rambart ’n pragtige negentienjarige meisie wat in ’n krot grootword nadat goewerneur Willem Adriaan van der Stel haar pa sy inkomste uit ruilhandel ontneem het. Op ’n dag daag ’n aantreklike, ryk jong man op met ’n aanbod wat Camille voor ’n pynlike keuse stel: As sy dit aanvaar, is daar uitkoms vir haar familie, maar dit sal ’n opoffering verg wat haar lewe kan verwoes.Die vergete era van die gouddelwers – ’n goue era vol verdriet en ekstase – word in Goud in die skemer weer lewendig gemaak. Mitzi Brandt is ’n tenger meisie, maar taai – haar toekoms moet gebou word op ’n kis goud wat sy met haar eie hande help delf het. Dié goud raak die spil waarom al haar geliefdes se lewens draai.
Vir Isabelle de Neuve verander die lewe in ’n oogwink toe haar vader verongeluk en sy wees gelaat word. Sy laaste versoek is dat sy Frankryk moet verlaat, na die Kaap de Goede Hoop moet gaan en met Etienne le Riche moet trou. Maar op pad word hulle skip deur seerowers oorval en word sy saam met ’n paar ander meisies weggevoer na Arabië waar hulle as slavinne verkoop word aan sjeik Salem Khidr. Wanneer sy aartsvyand, sjeik Xavier Jahrad, haar voor sy neus wegraap, vergeet Isabelle van Frankryk en die Kaap de Goede Hoop. Sy verander in Shahira, ’n blouoog meisie wat die verbeelding van die Bedoeïene aangryp, iemand wat ook aan die woestyn behoort en wat weet dat sy iewers tussen hierdie harde mense ’n plek het. Net jammer dat die oorlogswolke saampak – ook op die liefdesfront, want die beeldskone Beryl word so te sê aan Xavier beloof en dit kan die skaal enige kant toe laat kantel.