Lizet Engelbrecht

Список книг автора Lizet Engelbrecht



    Meerminliefde

    Lizet Engelbrecht

    René is ’n vrou met ’n humeur. Veral as iemand ’n dier wil skade aandoen, vlam sy goed op, nes haar vlamrooi hare. Haar nuwe buurman laat haar ook met die eerste oogopslag oorkook – en nié van vreugde nie. Wanneer sy boonop uitvind dat dierewelsyn nie boaan sy agenda staan nie, is die hel los. Kobus maak allerlei nare herinnerings by haar wakker en sy wil niks van hom weet nie – nogal moeilik, aangesien hy die hoofhuis langs haar kothuis huur . . . En dan’s daar haar vriendin Mandie, heeltemal te nuuskierig en kupido-agtig – om nie van haar verlore kat en uitdagende omgewingsbewaringwerk te praat nie.Gaan René en Kobus mekaar vir ewig aangluur oor die meermin-spuitfontein in hul gedeelde oprit? Of kan haar wulpse invloed ’n ander soort vlam tussen die twee aansteek?

    Liefde in die skemering

    Lizet Engelbrecht

    Monique se passie is verpleging en haar pasiënt, die ryk ou Matty Olsen, se welsyn is haar enigste prioriteit – of dit wás totdat sy vir Joseph ontmoet het. Hy is ’n man met geheime en ’n misterieuse geskiedenis. Hy’s net moeilikheid, en sy probeer holderstebolder om die emosies dood te druk wat sy onsekere bruin oë in haar aanwakker. Maar Joseph is ’n gas in oom Matty se huis en toe hy oornag “kleinkindstatus” verkry, kom Monique se handskoene af – sy duld nie fortuinsoekers nie! Sy weet Joseph wil oom Matty net gebruik om agter die kap van die byl te kom wat sy eie geskiedenis betref, terwyl sy tot die dood vir oom Matty sal veg.Vonke spat tussen die twee uiterstes: Joseph wat op soek is na ’n verlede en sy wat hare probeer vergeet. Hulle is gewikkel in ’n wedloop teen die waarheid, en Monique moet byna met haar lewe boet . . .

    Victoriavalle van liefde

    Lizet Engelbrecht

    Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig ’n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambië te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe is, ontmoet en hopelik terugbring Suid-Afrika toe. Wanneer sy in Livingstone kom, is dit egter nie Rex wat haar hart laat vinniger klop nie, maar Deon, sy buite-egtelike broer. Dit wil net lyk asof Deon aangetrokke is tot haar. Maar dan begin die vonke spat, want Rex probeer alles in sy vermoë om die hotel te verkoop en Deon, wat weer sy erfenis ten alle koste wil behou, glo vas Emesia konkel saam met Rex . . .

    Hartstog in Malawi

    Lizet Engelbrecht

    Rochelle Fourie word deur haar baas op ‘n onvergeetlike missie gestuur: om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, nee te jag, voordat haar mededingers, die publiek óf die pers snuf in die neus kry dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan egter. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik. Die ongenaakbare man met sy seeblou oë verwar haar, laat ongekende drange in haar los en laat haar magteloos na woorde snak. Maar Rochelle is ‘n astrante, ambisieuse werknemer en níks sal in haar pad na bevordering staan nie – veral nie kaptein Costa nie.