Helena Hugo

Список книг автора Helena Hugo


    Satyn Omnibus 3

    Helena Hugo

    In Ettie Bierman se ’n Man vir môre betrap Cecilia haar verloofde saam met ’n ander lugwaardin in sy hotelkamer. Sy bedank by Jakaranda-lugdiens en neem haar voor om nooit weer ’n man te vertrou nie. ’n Pos as skakelbeampte by die vyfsterhotel Mlala Lodge lyk na ’n droom wat kan waar word – so ook Melt Meiring, haar nuwe baas met die goue oë.
    In Alexa Slabbert se Winterman, somerhart is Donna ’n swemdragmodel wat vir die jaarlikse fotosessie van ’n bekende sporttydskrif na die Comores toe gaan. Tifone en ander struikelblokke maak die eilandervaring iets totaal anders as wat sy geantisipeer het. En dan is daar boonop die tydskrif se redakteur, Simon, bekende flankeerder en rok-, oftewel, bikinijagter, met wie sy moet rekening hou.
    En in Helena Hugo se Troukoors kan Minette nie wag om oor ses weke mevrou professor Paul Hagen te word nie. Aan die besware, bespiegelings en beskinderings van almal om haar steur sy haar nie meer nie. Dit het niks met enigiemand te doen dat Paul met een van sy studente trou en dat daar so ’n groot ouderdomsverskil tussen hulle is nie. Behalwe één persoon: Pierre Hagen, Paul se seun . . .

    Marta

    Helena Hugo

    Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf ’n diploma in haarkappery en begin ’n haarsalon in haar tuisdorp, sodat sy haar ma kan versorg. Mettertyd kring haar dienslewering wyer uit: na die ouetehuis in Lambertsbaai en werk by die kerk. Sy en haar Ma het ’n roetine van Bybellees en bid in die aand, maar dis net nog ’n plig en hul gebede steek vas by afgerammelde rympies. Sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie. Eendag word dit alles te veel vir haar – die dag toe haar blinde bewondering vir Deon Swanepoel haar in groot verleentheid bring. Dít is Marta se verhaal en hoe sy uit ’n web van pligpleging, onderdrukking, skewe waardes en onmoontlike drome bevry word. Hierdie treffende verhaal van onvervulde drome, leë werke en liefdelose pligplegings wat geen bevrediging bring nie, maar net hartseer en verwyte, wys dat alles omgedraai kan word wanneer mense tyd maak vir Jesus. Deur sy vergifnis en sy liefde te aanvaar, kan jy met dankbaarheid die toekoms tegemoet gaan.

    Satyn Omnibus 2

    Helena Hugo

    "In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise ’n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – sy was immers intussen getroud, en hy is in ’n verhouding met die model-mooi Suzette. In Ettie Bierman se Die paradysman keer Tinka ná drie jaar in Parys terug na Pretoria. Haar seepbel het gebars en boonop het sy, net voor sy weg is, die held van haar drome – haar paradysman – se hart gebreek. Die hart praat ’n taal wat ’n vrou nie altyd verstaan nie . . . En in Anita du Preez se Dokter Dierbaar vind Victoria se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter plaas toe sy hom vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Die man is baie aantreklik, maar daar was – en is dalk steeds – hope vroue in sy lewe, veral as ’n mens die koerante en tydskrifte se skinderrubrieke moet glo . . ."

    Veldpad van verlange

    Helena Hugo

    Paulie Hopkins het twee probleme: haar doktorsgraad wat sy moet afhandel en haar verloofde, dokter Lüther Meyerhoff. Van hierdie twee ag sy eersgenoemde verreweg die belangrikste, want daar lê vir hulle drie weke se veldwerk en insekte versamel op ’n plaas in die Vrystaat voor. Haar assistent van die dierkundedepartement is Andreas Bergh, ’n man met ’n voorliefde vir reptiele. Natika, sy modelmeisie, voltooi die span veldwerkers oor wie Paulie ernstige bedenkinge het. Soos sy verwag het, is daar van die eerste dag af haakplekke: Lüther en Natika kla oor die primitiewe verblyf, hulle moet sukkel oor toegegroeide plaaspaaie, daar is muskiete, watertekorte en kragonderbrekings. Intussen styg die kwik tussen die vier van hulle al hoër . . .

    Romanse agter die skerms

    Helena Hugo

    Colette kyk elke maand in haar gunsteling-tydskrif wie hierdie keer die held van die maand is. In ‘n kompetisie wat net so gewild soos Idols is, wen een gelukkige meisie ‘n naweek saam met daardie maand se held op ‘n romantiese gasteplaas. Colette glo nie juis so ‘n afpaar vir ‘n naweek – boonop met die media konstant naby – kan baie romanties wees nie. In ‘n konkelary, skryf haar vriende by die tydskrif vir Colette in en sorg dat sy ‘n week wen saam met die Desemberheld: Emile. Maar Emile is juis die een man saam met wie Colette nié wil wees nie. Want hy hét al haar hart gebreek. En sy kan hom nie verdra nie. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de La Roche wat Colette se hart sal verower? Romanse agter die skerms is weer ‘n lekker verhaal uit Helena Hugo se pen – hierdie keer met ‘n spook of twee wat lesers lank sal vermaak.

    Narkose vir die hart

    Helena Hugo

    Narkotiseur Saranie du Plessis is al goed aan die verkeerde kant van dertig en steeds enkellopend. Van kleins af was haar broers erg besitlik en het geen vryer rondom haar geduld nie. Saranie is trots daarop dat sy uiters professioneel is en haar werk eerste stel. Maar wanneer sy een aand per ongeluk drie ampules morfien in haar doktersjas se sak ontdek en amper by ’n padblokkade vasgetrek word, is sy in die knyp. Doodbang om dit terug te neem, kom die stil en afsydige sjirurg Franz Strauss onverwags tot haar redding. Met dié geheim tussen hulle ontwikkel ’n vriendskap wat gou-gou deur die res van die hospitaalpersoneel raakgesien word – veral deur hospitaaldokter Corné Vermaak, wat lankal ’n ogie op Saranie het. Ook by die kil, geskeide Glenda Olckers gaan hierdie ontluikende vriendskap nie ongesiens verby nie.

    Troukoors

    Helena Hugo

    Toe die beeldskone Minette Faber se professor, Paul, haar vra om met hom te trou, slaan hy haar voete onder haar uit. Ten spyte van waarskuwings van alle kante, gaan die troureëlings voort. Die uitnodigings is gepos, die troukoek bestel . . . en dan daag Pierre Hagen, Paul se seun, uit Londen op. Tussen Minette en Pierre spat die vonke van die eerste oomblik toe hy haar met intens begerige oë aankyk en prontuit verklaar dat sy gans te jonk is om sy oorlede ma se plek in te neem. Is dit bloot fisieke aantrekkingskrag, of is Minette besig om trou aan die verkeerde man te sweer?

    Soete verleiding

    Helena Hugo

    Koeksisters en kolwyntjies, melktert en pampoendol, rosynebrood, suikerbolletjies, lallimala, tameletjies, alles afgesluk met plaaslike wyne of Turkse koffie – dít is wat Sharise van Harte se teekamer jou bied. Want Sharise het met kos grootgeword. Na die dood van haar man was sy verplig om uit te spring en iets te doen. Daarom dat sy die teekamer op die rivierwal net buite Worcester gekoop het.Dat haar jeugliefde Jacques du Plessis na jare se verblyf in Frankryk weer sou terugkeer, kon Sharise nie voorsien nie. Hulle het destyds aan mekaar trou beloof, maar nou, jare later, lyk dinge heel anders. Sy is seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – al kom hy gereeld in die teekamer. Want sy was immers getroud. En hy het ’n verhouding met die model-mooi Suzette.