Drie van Ena se beste verhale: In Waters van Silóa tref die ergste moontlike lot vir Petra Prinsloo: die huwelik van haar beeldskone suster met dokter Eugene Minnaar, die één man wat vir Petra als beteken. Sy wend haar tot die eksklusiewe kliniek van beroemde plastiese chirurg Klaus Wagner met die opdrag: Maak my ook beeldskoon. In Rabbedoe van Rietkuil is Wynand Hechter, baas van die spogplaas Rietkuil, verontwaardig toe hy sien sy nuwe voorman is toe al die tyd ’n “voorvrou”. Maar Nicolette Bezuidenhout ken van haar man staan. En toe ontpop die rabbedoe-“voorman” boonop in ’n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere. En in En die verlange bly het skatryk sosiale vlinder Wouda Kellerman jarelank haar neus opgetrek vir Nak, al sê hy van kleintyd af hy gaan met haar trou. Toe die resessie vir haar en haar ouers armoede bring, is Nak haar enigste toevlug. Maar nou lê Wouda elke aand en luister beangs na die naggeluide op die wildplaas Nhlangani en wonder hoe Nak so kon verander het . . .
In Gasheer van Drakeneiland kry vyf vreemdelinge ’n aanbod: Gaan hou ’n maand lank vakansie op ’n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk ’n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? ’n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland. Aanvanklik ’n avontuur, weldra ’n nagmerrie in die hart van die hel. Wat soek ’n laboratorium in ’n grot in die middel van nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net ’n stem oor ’n luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit? Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol? In Die droster van Doringbaai is die droster ene Koos van der Merwe, of so stel hy homself voor. Met sy verskyning op die dorp, en met dié van die geheimsinnige skilder, Zuna Steyl, begin sake skeefloop: ongelukke vind plaas en ’n vreemde spanning ontwikkel onder die werkers van Sebastiaan Stadler se visfabriek wat deur sy neef, Eghardt Landman, vir hom bestuur word terwyl hy van ‘n hartaanval herstel. Maar dis nie al nie. Petra Pelser, Sebastiaan se verpleegster, volg hom een nag wanneer hy geheimsinnig verdwyn. Iets is gaande in die groot toring – maar wat? In Net ná middernag word daar een Saterdagnag, toe die kerkhorlosie sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, ’n moord gepleeg op dié rustige plattelandse dorpie. Tot almal se skok en verbasing word die prokureur se lyk die Saterdagoggend in die pastorietuin gevind. Kaptein Deon Roux word ontbied en saam met die speurder leer ons die mense van Driedoring ken – die gewilde dominee, die bekwame skoolhoof, die Badenhorsts met hul vinnige humeure, die mooi, senuweeagtige predikantsvrou, die nuuskierige dokter en sy goeie vrou, die orreliste met haar bewondering vir die dominee, en les bes: Marie Grebe, die jeugliefde van die prokureur wat nou met die skoolhoof getroud is en versot is op speurverhale . . . Saam met kaptein Roux is die leser warm op die spoor van die moordenaar – of is dit ’n dwaalspoor?
In Regters oor gister haal die verlede vir Mignon Preller in – ’n verlede waaraan sy heeltemal onskuldig is . . . Mignon is ’n gelukkige, sorgvrye student uit ’n stabiele ouerhuis. Wanneer sy hoor dat haar beste vriendin ’n aangenome kind is, ontstel dit haar diep – té diep, want só sluip ’n ou verskrikking uit die verlede ongevraag die vreedsame tuiste binne wat Fred en Anita Preller vir Mignon en haar lieflingbroer, Steve, probeer skep het. Twintig jaar gelede het hulle ’n verkeerde besluit omtrent Mignon geneem, ’n fout wat nou duisend maal vergroot terugkom en twee jongmense in die ban van ’n verbode liefde hou. ’n Ontroerende verhaal van ontreddering, en uiteindelik van die helende krag van die liefde.
In Die despoot van Duiwelskloof ontvlug Marista Minnaar haar ongelukkige verlede as mannekyn deur vir die broers Michael en Johan de Beer te gaan huishou. Michael is ’n moeilike man, maar sy broer, vasgekluister aan ’n rolstoel, word Marista se bondgenoot en vertroueling.
In As die lied verstil verlaat Chrissie Erasmus haar ouma se huisie in Dennedal en word Christine van Johannesburg, al het haar ouma so gedroom van ’n huwelik tussen haar kleindogter en die gawe Jan Barendse. Maar sal Chrissie terugvlug na die rustige vallei van Dennedal wanneer die hoë hoogtes van die vermaaklikheidswêreld vir haar te veel word? In Die despoot van Duiwelskloof ontvlug Marina Minnaar haar ongelukkige verlede as mannekyn deur vir die broers Michael en Johan de Beer te gaan huisbou. Michael is ’n moeilike man, maar sy broer, vasgekluister aan ’n rolstoel, word Marina se bondgenoot en vertroueling. In Regters oor gister het Fred en Anita Preller twintig jaar tevore ’n verkeerde besluit omtrent hul dogter, Mignon, en haar tweelingbroer, Steve, geneem – ’n fout wat nou duisend maal vergroot terugkom en twee jongmense in die ban van ’n verbode liefde hou.
In Terug na Kolkbaai keer Hannelore ná elf jaar na dié vissersdorpie terug. Baie van haar ou kennisse is nog daar… tot haar spyt. Dit sluit in die een mens wat sy nié wil sien nie: Oloff Bernardi, aan wie haar hart behoort het in hul teerder jeug.
In Wewenaar van Groene Weide lei Manda Maree se raad aan die verwende Jeanette de la Rey daartoe dat Rocco de la Rey beweer sy pleegkind se verdwyning is háár skuld. Nou is dit haar plig om Jeanette op te spoor en so word Manda betrek by die weë van miljoenêrs en speurders. Selfs die liefde word versuur deur die haas perfekte Lucille Herbst.
In Skynglans van die maan is Deidre Retief toegespits op die hoë, suiwer noot. Maar dan versplinter die rou wanklanke soos fyn skerfies glas in haar keel… Pynliker nog is die eggo van Neil Maritz se voorspelling: Hardloop maar agter die skynglans van die maan aan – dis bar en bitter eensaam daar. Kan die blaasvlam van die lewe die splinters van haar hart weer aanmekaarsmelt?