Julian Müller

Список книг автора Julian Müller



    Geloof anderkant Sondag

    Julian Müller

    'n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Dié boek is vir hierdie soekendes.
    Die bekende teoloog Julian Müller onderskei tussen wat hy 'n Sondag-geloof noem en «geloof anderkant Sondag». Waar 'n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reëls en vaste kerklike gebruike bied, laat geloof anderkant Sondag ruimte vir onsekerheid en vertwyfeling. Dit maak erns met die geloofsvrae waarmee mense worstel sonder om te oorvereenvoudig.
    Müller gebruik sy eie vrae as vertrekpunt en neem treffende voorbeelde uit sy eie lewe om te wys dat daar wel anderkant Sondag geglo kan word.

    Om te mag twyfel

    Julian Müller

    "Ek skryf die boek vir mense soos ek, mense vir wie geloof nie altyd maklik kom nie en wie beslis nie hul geloof kan aanbied as prestasie nie . . ."
    Met dié woorde skop die teoloog Julian Müller die verhaal van sy geloofsreis af. Sy sketse van die plaasseun wat dominee geword het, roep dadelik 'n bekende Afrikaanse leefwêreld op. Sy reis hou vir hom vele ontnugterings in, maar ook belangrike insigte wat sy geloof verdiep. As jong predikant vra hy kritiese vrae oor die kerk se rol in apartheid en spreek hom uit teen Christelike nasionalisme. Soos wat hy op sy pad van geestelike groei vorder, word hy gekonfronteer met verskeie netelige geloofskwessies soos die evolusieleer en hoe verskillende Godsbeskouings ons geloof beïnvloed.
    Müller beywer hom vandag vir 'n soort Christenskap waar die gelowige toegelaat word om vrae te vra en «buite die boks» te glo.