Sonja Kaiblinger

Список книг автора Sonja Kaiblinger



    Harry Griesel 2: Die spookplaag

    Sonja Kaiblinger

    Daar is ’n spookplaag in die dorp! ’n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en die spook van ’n Spaanse bulvegter wil sommer by Otto en sy tante kom intrek. Maar drie huisspoke en ’n pratende vlermuis is reeds heeltemal genoeg – Otto het beslis nie nog ’n huismaat nodig nie. Waar kom al hierdie verlore siele vandaan? En hoe gaan hulle van hulle ontslae raak? Wanneer ’n vreemde man opdaag wat kamtig Anti-Spookspuitgoed verkoop, begin Otto vermoed iets stink – letterlik! Gelukkig het sy vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.

    Harry Griesel 3: Die Spookmeesters

    Sonja Kaiblinger

    'n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat 'n gruwelgees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is 'n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet 'n spesiale eenheid van die SBI inroep: die spookmeesters. Maar dit lyk nie of die ouens hulle regtig wil help nie . . .

    Harry Griesel 1: Operasie spookredding

    Sonja Kaiblinger

    Otto woon in ’n regte spookhuis en het ’n pratende vlermuis as troeteldier. Vir hom is dit glad nie vreemd dat daar ’n spook in sy tannie Sharon se stofsuier woon en ’n ander een gereeld toebroodjies uit die yskas steel nie. Nietemin is hy geskok om ’n Grieselgryper in sy buurman se tuin raak te sien. Maar Harry is glad nie so grieselrig soos hy lyk nie en is eintlik ’n baie gawe kêrel. Wanneer Otto se huisspoke skielik geheimsinnig verdwyn, ontdek Otto en sy vriendin Emily gou dat dit baie handig is om ’n Grieselgryper aan jou kant te hê.

    Kuhfladenwalzer

    Sonja Kaiblinger