Название | Slim vang . . . die grap! |
---|---|
Автор произведения | Pieter van der Lugt |
Жанр | Учебная литература |
Серия | Grappe-reeks |
Издательство | Учебная литература |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9780624073222 |
Pieter van der Lugt
Illustrasies deur Maja Sereda
Tafelberg
Vir Joshua Arthur
Klop, klop.
Wie’s daar?
Salie.
Salie wie?
Salie weer kom kuier as jy nie oopmaak nie.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Klop, klop.
Klop, klop wie?
Klop, klop.
O, dis weer daai hamerkop.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Garnaal.
Garnaal wie?
Garnaal die sleutel en sluit oop.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Haring.
Haring wie?
Haring is aan haar vinger.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Damme.
Damme wie?
Damme groot swembad wat jy het!
Klop, klop.
Wie’s daar?
Korte.
Korte wie?
Korte paar rand vir die taxi.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Alikreukels.
Alikreukels wie?
Alikreukels moet uitgestryk word.
Klop, klop.
Wie’s daar?
My masjien.
My masjien wie?
My masjien my mond ish vol koekiesh.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Matroos.
Matroos wie?
Matroos die baba, hy huil al weer.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Mandaat.
Mandaat wie?
Mandaat al weer ’n ou kom klop.
Gas:“Kelner, daar is niks vlieë in my sop nie.”
Kelner:“Jammer, ons is nie gewoond spinnekoppe bedien nie.”
Wat eet skurke graag?
Boefstuk!
Hoekom staan daai ou heeldag voor die bakkery se venster?
Hy’s ’n koekeloerder.
Wat eet geheime agente om sterk te word?
Spioenasie.
Twee appelkose wil oor die straat stap.
Die een wil nie wag totdat die lig groen is nie en begin loop.
’n Kar ry hom plat.
Toe die lig groen word, roep die ander appelkoos:
“Reg, blatjang, nou kan ons loop!”
Dokter, dokter, ek dink ek is ’n hond.
Goed, kom ons kyk. Sit, lê, rol om . . .
Dokter, dokter, my vrou dink sy’s ’n muis.
Wel, ek hoop julle het nie ’n kat nie!
Dokter, dokter, ek dink ek is ’n verkleurmannetjie.
Goed, sal jy gou vir my daai vlieg vang?
Dokter, dokter, ek voel soos ’n spieël.
Sit stil, ek wil my hare kam.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.