Название | Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal |
---|---|
Автор произведения | Henk Viljoen |
Жанр | Учебная литература |
Серия | Piekfyn Afrikaans |
Издательство | Учебная литература |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9781775891086 |
Piekfyn Afrikaans
’n Geïntegreerde taalteks
Graad 12
Huistaal
Leerderboek
Riens Vosloo, Henk Viljoen, Belinda Prinsloo, Heleen Stevens
Pretoria • Kaapstad
Voorwoord
Liewe leerder
‘n Nuwe jaar en nuwe uitdagings en boonop jou laaste skooljaar – welkom in Graad 12! Ons weet jy gaan weer elke oomblik geniet om met Piekfyn Afrikaans te werk.
Die doel van hierdie boek is om jou op ‘n sistematiese wyse deur al die werk vir die jaar te begelei. Elke module dek ongeveer ’n tweeweeklikse siklus, asook al die assesseringstake wat van jou vereis gaan word. Jy gaan baie luister, praat, lees en skryf en deurlopend taalstrukture inoefen en korrek toepas. Werk al die aktiwiteite deeglik deur sodat jy teen die einde van die jaar met skitterende punte matriek kan slaag.
Maar dis nie al nie. Om jou te help met hersiening en voorbereiding vir die eindeksamen is Pitkos, In ʼn neutedop, die Letterkundegids en Taalgids en voorbeeldvraestelle spesiaal geskep om jou kennis van taalstrukture, lees- en skryfprosesse en letterkunde ʼn hupstoot te gee. Wanneer jy vir formele assessering voorberei, gaan die Indeks jou ook help om blitsvinnig die betekenis, voorbeelde en toepassings van verskeie taal- en literêre begrippe op te spoor.
Geniet Piekfyn Afrikaans Graad 12.
Die samestellers
Jy gaan in hierdie module spesifiek op die volgende fokus:
Luisterbegrip
Leesbegrip en leesstrategieë
’n Opsomming
Debat
Transaksionele teks skryf (tydskrifartikel) en onvoorbereide praat
Visuele tekste
Draaiboekteks van ’n drama
Taal in konteks
Giere en geite
’n Oorsig . . .
Almal wil bybly met nuwe uitvindsels, giere en modes, maar kyk ons altyd krities genoeg daarna? Deur die ontleding van verskeie tekste sal jy meer leer van aspekte van ons moderne tyd. Jy neem deel aan klas- en groepgesprekke oor giere en geite van ons alledaagse lewe – van die internet, blogs en sosiale netwerke tot bekende Suid-Afrikaanse rolprente, TV-programme, die toneelbedryf en reklame. Talle tekste spreek maatskaplike kwessies en waardes aan. Wanneer jy lees en kyk vir begrip, sal jy ook oortuigende mondelinge en skriftelike response kan lewer waarin jy jou eie mening lug en jou standpunte verdedig. Jy kry ook die kans om Afrikaanse taalstrukture en -konvensies in te skerp ter vroeë voorbereiding van die eindeksamen.
Luisterbegrip
Voordat jou onderwyser die teks vir die luisterbegripsoefening voorlees, moet jy eers die stappe van die luisterproses in Pitkos hersien:
Die luisterproses
Preluister:
Bepaal die luisterdoel.
Bepaal die konteks en voorspel die inhoud.
Bepaal woordbetekenisse.
Tydens luister:
Ontleed die boodskap en die spreker se bewyse/argumente/emosionele trant.
Skep assosiasies en bepaal die betekenis.
Maak afleidings en bevestig voorspellings.
Maak aantekeninge.
Besin en evalueer.
Postluister:
Som die aanbieding mondelings/skriftelik op.
Hersien jou aantekeninge.
Ontleed en evalueer krities dit wat gehoor is.
Beantwoord vrae.
Opdrag: Luister aandagtig na die onderwyser se eerste voorlesing van ’n informatiewe teks. Daarna kan jy die vrae deurlees. Jou onderwyser gaan die teks weer voorlees en dan mag jy aantekeninge maak. Laastens moet jy die vrae beantwoord.
Luisterbegripsvrae
1. Wanneer het blogs ontstaan? (1)
2. Hoe word die skeppers van blogs oor die algemeen volgens die teks beskryf? (1)
3. Wat, kan jy aflei, is die belangrikste kenmerk van ’n blog? (2)
4. Hoe verskil ’n blog van ’n gewone joernaal? Noem twee verskille wat in die teks genoem word. (2)
5. Noem twee ooreenkomste tussen ’n blog en ’n joernaal. (2)
6. Blogs word met joernale vergelyk. Waarmee word dit nog vergelyk? (1)
7. Bestaan blogs meestal uit visuele tekste soos advertensies? Hoekom?/Hoekom nie? (2)
8. Watter soort blog is gepas vir baie kort boodskappe? (1)
9. Noem nog twee soorte blogs wat ’n mens kry. (2)
10. Hoekom kan ’n blog as ’n soort sosiale netwerk beskou word? (1)
(15 punte)
Wat jy op jou blog of in jou joernaal kan skryf . . .
Skryf waarnemings of opsommings of luisteraantekeninge neer tydens die bespreking en ontleding van jou voorgeskrewe werke, byvoorbeeld oor karakters in ’n roman, kortverhaal of drama, of die tema/boodskap.
Skryf enige tyd op jou blog of in jou joernaal.
Skryf oor belangrike gebeure of ’n belangrike onderwerp.
’n Goue reël is om elke dag al jou inskrywings na te gaan. Verstaan jy vanmiddag nog wat jy vanoggend in die klas geskryf het? Herroep die inligting om seker te maak alles is korrek en volledig.
Lees response wat jy op jou blog of in jou joernaal geskryf het aan jou maats voor en wees dan gereed om daaroor te praat of ’n bespreking daaroor te lei.
Waarvoor kan jy jou blog of joernaal gebruik? | |||
Vir refleksie | Wat het gebeur?Wat kan gebeur as gevolg van . . .Wat ek geleer het . . . | Hoe voel ek daaroor?Hoe sal ek optree?Hoe ek geleer het . . . | Wat het ek geleer in die proses?Ek kan dit gebruik om . . .Wat ek onthou van wat ek geleer het . . . |
Vir opsommings/samevattings | Ek het die volgende dinge gedoen . . . | Ek het die volgende geleer . . . | Ek kan dit as volg gebruik . . . |
Vir leerwerk | Neem notas van . . . | Die volgende is belangrik: | Maak luisteraantekeninge |
Vir response/ reaksies | Wat interesseer my van my leerwerk?Kan ek dit wat ek leer in verband bring met eie ervarings? | Hoe reageer die onderwyser en/of my maats op die kwessie?Waaraan herinner die teks my?Kan ek identifiseer met die gebeure/karakter/agtergrond?Stem ek saam met hierdie skrywer se standpunt? | Skryf oor iemand/iets wat jy onthou, ander tekste, moeilike begrippe/terminologie, ’n verbandhoudende kwessie, ensovoorts.Vra jouself vrae oor die leerwerk, kwessie, teks, ensovoorts, en skryf eie gevoelens/sienings/idees neer. |
Inskrywings op jou blog of in jou joernaal
Wanneer