Maasdorp

Скачать книги из серии Maasdorp



    Kobie en die wonderkind

    Stella Blakemore

    Dit is ’n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te hê! Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graadelf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wêreld vol gereis saam met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die wêreldberoemde violis en wonderkind, Olga Willovitch is nie. Olga, oftewel Carla, het ’n ineenstorting gehad en is deur haar pa na Maasdorp gestuur om te herstel en ’n normale lewe te lei. Maar niks ontsnap Kobie nie en gou is sy druk besig om tussen sportwedstryde en kwattekwaad, toetse en krisisse, vir Carla te help om behoorlik deel van Maasdorp te word.

    Kobie regeer

    Stella Blakemore

    In Die jongste meisie in Maasdorpskool het Breggie Landsberg en Heloise Malan boesemvriendinne geword. Nou, in Kobie Regeer, laat Heloise ‘per ongeluk’ haar swak skoolrapport by die treinvenster uitval – weer een van Breggie se skitterende ‘plannetjies’. Die skelmstreek word egter ontdek en die streng mevrou Malan dreig om Ruth, haar ouer dogter, van Maasdorp weg te neem omdat sy nie vir Kobie en Heloise uit die moeilikheid kan hou nie. Kobie neem die dreigement ter harte en besluit dat sy die een sal wees om haar susters onder hande te neem. Sy sal sorg dat Heloise in haar spoor trap en dat Ruth “iets doen sodat hulle ma haar vir niks op aarde van Maasdorp sal wegneem nie – al sou Heloise en Breggie ook die skool afbrand!” Maar nie eens Kobie kan Breggie en Heloise se ondeundheid keer nie!

    Allegra op Maasdorp

    Stella Blakemore

    Allegra op Maasdorp is een van die gewildste boeke in die Maasdorp-reeks. Behalwe Kobie Malan, die spil waarom alles gewoonlik draai, maak ons ook kennis met Allegra Bredenkamp, ’n weeskind wat danksy Kobie se pa na Maasdorp kom. Op Maasdorp lyk dit asof Allegra regtig ’n aanleg vir moeilikheid het. Miskien is dit omdat sy so impulsief is, maar veral omdat haar gewese boesemvriendin, Marguerite Beyers, ook nou op Maasdorp is – en die twee kom net nie meer goed oor die weg nie. Om dinge erger te maak, word Allegra gou vriende met Breggie en Heloise – Maasdorp se stoutste leerders. Gelukkig vir Allegra is Kobie daar … Kobie wat altyd ’n plan kan maak, Kobie wat tog maar op die ou end almal se liefling is.

    Die Jongste Meisie in Maasdorpskool

    Stella Blakemore

    In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolle jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – 72 jaar na die eerste verskyning! Die jongste meisie in Maasdorpskool is die tweede titel in die gewilde Maasdorpreeks. Ná ’n opwindende kwartaal van kattekwaad, middernagfeeste, Elsabe se ongelooflike transformasie, sportwedstryde en Kobie se debuut as konserpianiste, keer die meisies van Maasdorp terug na die bekende kosskool. Maasdorp maak ook kennis met Breggie Landsberg – op negejaar die skool se jongste leerder. Gou wys Breggie dat sy nie net die skool se jongste leerder is nie, maar ook die stoutste en selfs Kobie wonder of die skool gaan bly staan!

    Die Meisies van Maasdorp

    Stella Blakemore

    In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolste jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – meer as 75 jaar na die eerste verskyning!Die meisies van Maasorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ’n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ’n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Dié mal planne neem die skool op hol en dit is nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ’n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!