Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan. Elizabeth Wasserman

Читать онлайн.
Название Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan
Автор произведения Elizabeth Wasserman
Жанр Учебная литература
Серия
Издательство Учебная литература
Год выпуска 0
isbn 9780624062912



Скачать книгу

tussen al die fabrieke, vervalle woonstelblokke en nou straatjies vol rommel en dubbelgeparkeerde motors staan Huis Deurmekruis steeds dapper, ingeskuif onder die skouer van die groot betonbrug waar motors heen en weer verbyblits op die snelweg.

      Die torings van Huis Deurmekruis raak plek-plek amper aan die onderkant van die brug en in die somer broei swaeltjies en duiwe tussen die dakkappe. Net die Oostelike Toring, die hoogste punt van Huis Deurmekruis, loer onder die brug uit.

      Donderweer blits voortdurend om die Oostelike Toring. Om te keer dat die blitse die aandag van die motoriste op die snelweg aflei en onge­lukke veroorsaak, het die munisipaliteit ’n groot advertensiebord daar opgerig.

p_15_1.tif

      ’n Klein maar digte tuin vol kaktusse en reusekoolplante groei om Huis Deurmekruis. Die voordeur is weggesteek tussen standbeelde van klipmonsters en meerminne. Daar is ’n yslike klopper in die vorm van ’n bosvark se kop, en as iemand die deur vir jou sou oopmaak, bevind jy jou in ’n donker voorportaal met ’n dak so hoog dat die flou lig van die kandelaar skaars die vloer bereik. Binne die maag van die gebou krul ’n groot stel trappe op na die boonste verdiepings.

p_15_2.tif

      Die kinders se kamer is in die westelike vleuel van die gebou. Soms verdwaal hulle op pad na die eetkamer of die voordeur. Jannus dink dat die gange en trappe soms oornag verskuif, maar Kriek reken dit is nonsens.

      Teen die mure langs die trap hang portrette van die Knoetsfamilie.

      Die kinders hou veral van die portret van Ouma Krisantalia Renostrum Knoets, want Kriek is na haar vernoem.

16.png

      By die skool

      Jannus sit agter Kriek in die klas. Die kinders is besig om ’n opstel te skryf.

      Juffrou Frot sit agter haar lessenaar.

p17_1.tif

      Dit is doodstil in die klas, behalwe vir die gekrap-krap van pligsgetroue penne op papier.

17_2.tif

      Jannus loer oor haar skouer. Hy proes en krabbel iets op ’n stukkie papier: Skynheilig!

      Hy rol die papier in ’n bondeltjie en skiet dit tot op Kriek se lesse­naar.

      Kriek steur haar nie daaraan nie. Sy vee die gefrommelde papier weg met die hand waarmee sy haar pen vashou.

      Dit rol tot by die lessenaar links van haar.

      Die lessenaar waar Dries Doringkop sit!

      Dries Doringkop is die graad se boelie.

17_3.tif

      Maar Dries is nie baie slim nie. Uit die hoek van sy oog sien Dries die gefrommelde papier raak.

p_18_1.tif

      Hy buk en tel dit op. Hy bloos.

      Dries is mal oor Kriek, maar te trots

      om dit te wys.

      Hy stryk die papier plat en lees: Skynheilig!

      Dries bloos dieper. Wat beteken dit?

      Soos baie dom en sterk mense, is Dries verwaand. Hy

      reken hy is ’n aantreklike kêrel en meisies kan hom nie weerstaan nie.

      Sy is beslis dolverlief op my, dink hy en glimlag slu.

      Hy loer onderlangs na Kriek. Sy sit doodernstig en skryf niksvermoedend verder.

18_2.tif

      Agter haar skryf Jannus:

18_3.tif

      Dries probeer Kriek se aandag trek: “Pssst!”

      Kriek kyk skuinsweg op en sien Dries se bakkies wat in haar rigting gryns. Hy knipoog vir haar.

      Kriek ignoreer hom.

      O so! dink Dries. Sy speel hardekoejawel!

      Net toe roep juffrou Frot vir Kriek.

      “Ag, Kriekie, vat gou hierdie brief vir Juffrou kantoor toe?”

      Kriek is juffrou Frot se witbroodjie, sy kry altyd al die stuurwerkies.

      Die ander kinders skryf voort aan hulle opstelle.

      Dries vat sy liniaal en trek Kriek se boeksak stadig nader totdat dit reg langs sy lessenaar is.

      Versigtig maak hy dit oop.

      Haar kosblik lê bo-op haar boeke en Dries kry ’n idee. Hy sal vir haar ’n briefie in haar kosblik sit!

      Hy tel die kosblik op sy skoot en maak dit oop.

p_19_1.tiff

19_2a.tif

      Binne die kosblik blink drie donkergroen metaalballe, elk met ’n klein knalpennetjie.

      Dit lyk dan soos handgranate?

      Dadelik kry Dries ’n plan.

      Moeilikheid!

      Mens moet sekerlik nie van iemand soos Dries verwag om verder te dink as wat sy neus lank is nie.

      Hy tel dadelik een van die handgranate op, trek die knalpennetjie uit en rol dit tot onder juffrou Frot se stoel.

p_20_1.tif

      Niks gebeur nie.

      Die kinders skryf rustig voort.

      Dries spits sy ore – hy verbeel hom hy hoor ’n sagte sisgeluid. Hy hou die granaat onder juffrou Frot se stoel stip dop. Is dit die granaat wat so maak? Dit begin stadig in die rondte tol.

      Toe is daar ’n klein plopgeluid en pers gas begin daaruit spuit.

      Dries grinnik en sit regop.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4ScVRX