MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Princess Talia and the dragon

Helen Brain

Princess Talia saves the day when she cleverly, but politely, gets rid of the fierce dragon that has landed on the roof of the palace. But why had the dragon landed there in the first place? And why didn’t he want to budge? Read this playful, humorous story and find out for yourself – and at the same time learn some new interesting words.

Prinses Talia en die draak

Helen Brain

Prinses Talia is almal se heldin toe sy op ’n baie ordentlike, maar slim manier van die kwaai draak op die paleis se dak ontslae raak. Maar hoekom het die draak nou juis dáár geland? En waarom het hy geweier om weg te gaan? Lees hierdie oulike, prettige storie en vind self uit – en leer sommer ’n paar interessante nuwe woorde by.

Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel

Marzanne Leroux-Van der Boon

Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks word weer in hul geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande. Marc word weer opgeroep, hierdie keer vir militêre diens in Gasa. Skadu’s van Suid-Afrika se eie gewelddadige samelewing val ook oor Marc wanneer sy ma ’n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word. Wanneer hy terug in Stellenbosch is, sien hy weer sy jeugliefde, Nicola. Boonop maak Henok Kambungu ’n verrassende ontdekking wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, Sarah. Skokkende herinnerings van ou Zvi, ’n Holocaust-oorlewende, laat die leser algaande besef waarom die Israeli’s so verbete vasklou aan hul beloofde land.

Sarah du Pisanie Omnibus 8

Sarah du Pisanie

’n Juffrou vir Skurwekop Met ’n ysterhand regeer Bertus Kruger oor sy klein koninkryk – Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand – en inspireer hulle onwetend om ’n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep.
Hard soos kameeldoringhout Wat vrees sy die meeste? Dié wilde, ongetemde land, of hierdie woeste barbaar? Martie Schlage trek ongenooid agter transportryer Braam Potgieter aan, want ná haar ma se dood móét sy net by haar sendelingpa uitkom. “Braam is wild, so hard soos kameeldoringhout. Wanneer hy die dag besef jy is ’n vrou, wil ek nog sien hoe gedra hy hom soos ’n heer!” het Pieter van Bergen gewaarsku. Maar waarheen kan Martie vlug? En wil sy vlug?
Sandroos uit Meob As Ansa maar net nooit haar vrouwees in ’n swart nonnegewaad probeer verskuil het nie; as sy net nie ’n leuenweb oor Braam Venter geweef het nie . . . Maar dit was ter wille van suster Theresa, ter wille van oorlewing. Want hoe moes hulle anders uit die verlate spookdorp Meob by die beskawing uitkom? Louw Greyling het net een doelwit – vergelding en om Braam Venter en sy diamante te kry. Suster Ansa is die padkaart na daardie skat. Min kon hy droom dat daar ook ’n roete na sy hart is . . .

Ettie Bierman Keur 9

Ettie Bierman

Die tuiskoms lê ver Toe Ila Verster op Nelspruit van die trein afklim, is dokter Johan Retief die eerste man wat sy ontmoet. Hy bied aan om haar swaar tas te dra, maar sy sê sy sal regkom, en op hierdie oomblik weet sy nie watter groot rol dokter Retief nog in haar lewe sal speel nie. Sy hoor iemand roep: “Daniela!” en swaai verskrik om. Dit is Martin Niehaus en hy sê onvriendelik: “Jou geheue is kort, liefste. Het jy vergeet ek wil jou nie op Rietendal hê nie?” Dit blyk dat hy haar aansien vir sy stiefsuster op wie hy verlief was. Sy is bang vir hom en sy gee vinnig pad van die bewegende trein. Martin sê sy lyk presies net soos Daniela, maar sy slaag daarin om hom te oortuig dat sy nie Daniela is nie en hy doen ’n voorstel aan haar. Dit beteken dat sy Rietendal toe moet gaan, waar Daniela se pa al vyf jaar lank wag op sy dogter se terugkoms. Martin se aanbod sal vir haar baie geld in die sak bring, maar dit veroorsaak ook dat dokter Johan Retief haar verag en dít maak seer, want sy het intussen op hom verlief geraak. Hoe kan sy Johan oortuig dat sy opreg is en dat sy nie regtig van plan is om te doen wat Martin van haar verwag nie? Dokter Retief wil egter niks met haar te doen hê nie, al vertel sy hom wie sy werklik is en waarom sy Martin se aanbod aanvaar het. Op die ou end bevind sy haar in lewensgevaarlike omstandighede.
Rooikop te koop Die rooikop-kunstenares Jennie Botha se lewe verander eensklaps toe sy haar ouers in ’n motorongeluk verloor. Skielik bly sy alleen agter in die imposante grasdakhuis op ’n kleinhoewe saam met haar drie blinkoog-bulterriërs, hanslam, katte, hoenders, ganse en eende. Haar vriend Thys, ’n belowende argitek, dring daarop aan dat sy die huis verkoop sodat hy vir haar ’n modern huis in die stad kan bou sodra hulle eers getroud is. Thys hou nie van diere nie en ook nie van tuinmaak nie. Verder is die kleinhoewe te ver van alles af; te ver van sy kantoor, kliënte, kollegas en die teater . . . Hy is pynlik netjies en verkies eintlik blondines – vroulike meisies in rokke, kouse en hoëhakskoene. Jennie maak kennis met Roux van Zyl, ’n voornemende koper vir die huis. Hy is presies die teenoorgestelde van Thys: hy het deurmekaar hare en ’n halfdag oue stoppelbaard; hy wil graag die honde afrig en hou van rooikoppe in kakiebroeke en verfbesmeerde oorhangtruie. Hoewel Jennie en Roux aanvanklik nie stryk nie, leer hulle mekaar geleidelik beter ken en voel sy baie aangetrokke tot hom. Die sprankelende, genotvolle verhaal van ’n grasdakhuis en sy rooikop-eienares, en van die bittersoet spel van die liefde.
Ver pad na Königsee Die pragtige Ezette Nel met haar blink, swart hare en besonderse turkoois oë, is ’n Afrikaans-onderwyseres by ’n hoërskool. Hoewel die skool se druk buitemuurse program baie van haar tyd in beslag neem, het sy twee groot voorliefdes: sy is hartstogtelik lief vir diere en sy wil baie graag nog ’n hele string boeke skryf. Haar amper-verloofde, Charl Myburgh, is ’n LO-onderwyser en ’n plesiersoeker wat veel eerder rondrits as om rustig tuis te bly. Ezette het hom lief en geniet sy geselskap, maar tog wonder sy soms: Is hulle regtig geesgenote? Dan ontmoet sy Derek Myburgh, Charl se ouer broer wat ’n veearts is en toevallig haar twee groot voorliefdes deel. Tot Ezette se groot ontsteltenis voel sy dadelik baie aangetrokke tot hom en is hy vir haar byna onweerstaanbaar aantreklik . . . Maar sy vind gou uit dat sy nie net moet rekening hou met haar kloppende hart nie, maar ook met haar naderende verlowing, haar onderwyspos en die feit dat Derek Myburgh haar reeds soos ’n ware skoonsuster behandel . . .

Ena Murray Omnibus 40

Ena Murray

Sonneblomstraat 7 Die kaartehuis van Niel en Wanya Cloete stort in duie die dag toe Niel, grootbaas van Rock Trust en wonderkind van die finansiële beleggingswêreld, as swendelaar ontmasker word. Duisende beleggers, onder wie ou mense wat hul laaste bietjie spaargeld verloor, bevind hulle skielik reddeloos op straat. Ook Wanya kom nie skotvry daarvan af nie. Terwyl Niel in die tronk sit, moet sy die gelag betaal. Sy word verder in trurat geslinger toe sy ná ’n oortreding tot gemeenskapsdiens in tant Bes se sopkombuis in Sonneblomstraat 7 gevonnis word. Maar eintlik is dit ’n bedekte seën, want hier leer sy mense en waardes ken wat haar lewe voortaan onherroeplik sou verander . . . onder andere Roelof Rossouw, die maatskaplike werker wat ’n ogie oor haar moet hou. In Sonneblomstraat 7 val die meetsnoere vir baie mense tog in lieflike plekke – al kos dit meet en pas om liggaam en siel aan mekaar te hou.
Die dae van ons nietigheid Die probleem met Lizl Landman is dat sy briljant is. Beeldskoon, blond, ’n gekurfde droom . . . maar te professioneel perfek vir Willem Claassen se ego. Die twee top mediese studente is in ewige kompetisie. En die liefde hou nie van kompetisie nie. Lizl weier om haar toekomsdrome as dokter te verpand vir ’n tradisionele huwelikslewe. Eers ná tien jaar kruis hul paaie – en swaarde – weer wanneer Fritz Hancke, skatryk boer en pasiënt van Willem, in ’n stadshospitaal beland. Haar diagnose: kwaai griepaanval en bloeiende maagseer. Sy diagnose: Kongokoors. Saal B3 word onder kwarantyn geplaas, so ook Lizl. Een verkeerde diagnose, en skoppensboer se lag klink skel in haar hospitaal, haar gewete, haar hart. Soveel lewens kom op die spel . . . In Die dae van ons nietigheid moet ook Willem en Lizl leer: Met tyd speel jy nie – ons lewe in die dae van nietigheid.
Die uurglas loop leeg Karien Saayman, wie se lewe altyd so op koers was, se kompas is aan’t wankel. Die hospitaal waar sy verpleegsuster is, se Don Juan, dr. Arnold Lutz, het sy oog op haar en sy weet nie hoe om sy onwelkome attensies die hoof te bied nie. Selfs die feit dat sy met Hannes Eksteen, vooruitstrewende boer van die plaas Franskraal, trou, skrik die voortvarende dr. Lutz nie af nie. Dan verskyn dr. Christian Willems, briljante chirurg, op die toneel, en in plaas daarvan dat hy vir haar uitkoms bied, word Karien se lewe net verder deurmekaar gekrap. Uiteindelik is dit ’n terminaal siek meisietjie van vyf wat vir die erg beseerde Hannes en die ander weerlose en ontredderde grootmense die pad na herstel aanwys. In Die uurglas loop leeg is daar veral een lewensles te leer: om voluit te leef is ’n gawe wat elkeen self moet ontdek.

Eiland van drome

Malene Breytenbach

Wanneer Irene Basson, ’n bekwame jong psigiater van Kaapstad, deur haar baas, Nicholas Barton, kleinseun van die skatryk Georgios Nikos, gevra word om ’n posisie te aanvaar by sy familie se nuwe luuksekliniek op ’n Griekse eiland, stem sy ná oorweging in – wie sal só ’n glansryke lewe nou versmaai? Aanvanklik is sy en Nicholas op formele voet. Wanneer hy egter vir Irene vra om sy halfbroer Gary, wat met skisofreniese steuring gediagnoseer is, te behandel, leer sy hom en die glansryke Nikos-familie beter ken. Dan daag Irene se voormalige pasiënt, die oorlogskorrespondent Bob Butcher, by die kliniek op. Nét Irene mag sy behandeling vir posttraumatiese stres verder hanteer, en hy is duidelik persoonlik te geheg aan haar. Terwyl Bob struweling tussen Irene en Nic veroorsaak, leer Irene ook meer van die Nikos-clan se troebel familieverhoudinge. En móét daar tog soveel vroue om die aantreklike Nic draai? Wanneer Irene hom verdink van ’n affair met ’n bekende aktrise en pasiënt, struikel die nuwe verhouding tussen haar en Nic byna. Sal hierdie haakplek, en Bob se voorbarigheid, nie dalk genoeg wees om sake tussen hulle twee te laat skipbreuk ly nie? En dan’s daar nog Georgios Nikos se familiedinge …