1 Recce, volume 2. Alexander Strachan

Военное дело, спецслужбы.

Скачать книгу
Читать онлайн

1 Recce, volume 2


Год выпуска 0

isbn 9780624085218

Автор произведения Alexander Strachan

Жанр Военное дело, спецслужбы

Серия

Издательство Ingram


1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se «binnekamer». In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970's in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Operateurs sweet in vliegtuie of in duikbote diep onder die see. Hulle trotseer in die nagdonker riviere vol krokodille. Recces plaas springstof in 'n tonnel diep in vyandelike gebied en omskep 'n groot brandstofbergingsplek in 'n Angolese hawestad in 'n vlammehel. Daar was hewige vuurgevegte, oorwinnings, maar ook verliese . . . Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het. 1 Recce: Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se vervolg op sy topverkoper 1 Recce: Die nag behoort aan ons.