Luné Olivier

Список книг автора Luné Olivier



    Droomberig

    Luné Olivier

    Anelia le Roux wil in haar oorlede pa se joernalis-voetspore volg. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter uitdaging op uitdaging. Sy waai op ’n winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik ’n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia raak gou halsoorkop verlief. Maar hoe voel hý oor háár? Intussen het Anelia ’n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie. Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon ’n kans gee om sy optrede te verduidelik?

    Liefde onbeperk

    Luné Olivier

    Lelanie Ferris wil nie ’n romanse aanknoop tydens haar vakansie in die Kaap nie, maar Dian Bergh met sy groen oë en sterk gestalte toor behoorlik met haar sintuie. Hoe op dees aarde gaan hulle nét vriende wees wanneer hulle voortdurend moet spook om hul lippe en hande van mekaar af te hou? Is Lelanie reg om aan te beweeg ná die groot ontnugtering wat sy moes oorleef? Sy sien werklik nie kans om nóg pyn te ervaar nie. En wie is die blondine wat konstant Dian se aandag probeer trek? Dis dalk nie eens nodig om al die vrae te beantwoord nie: Haar firma ondersoek ’n saak van korrupsie en sy ken een van die beskuldigdes. Wat is Dian se betrokkenheid en het hy haar die heeltyd net om die bos gelei?