Alexander Strachan

Список книг автора Alexander Strachan



    1 Recce, volume 2

    Alexander Strachan

    1 Recce: Behind Enemy Lines takes the reader into the 'inner sanctum' of one of the sharpest, most versatile and deadliest specialist units in the former South African Defence Force. In their own words, Recce operators recount some of the life-threatening operations they conducted under great secrecy in Angola, Rhodesia and Mozambique during the late 1970s. Operators sweat in aircraft or in submarines deep below the ocean's surface. They brave crocodile-infested rivers in the dark of night. Recces place explosives in a train tunnel deep inside enemy territory and transform a large fuel storage facility in an Angolan port city into a fiery inferno. There were intense firefights, victories, but also losses . . . Those who were there give first-hand accounts of the tension, anticipation, fear, adrenalin, exhaustion, thirst and grief they experienced, but also of the humorous moments and the close bonds of friendship that were forged in situations of mortal danger. 1 Recce: Behind Enemy Lines is the award-winning author and former Recce Alexander Strachan's sequel to his bestseller 1 Recce: The Night Belongs to Us.

    1 Recce, volume 2

    Alexander Strachan

    1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se «binnekamer». In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970's in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Operateurs sweet in vliegtuie of in duikbote diep onder die see. Hulle trotseer in die nagdonker riviere vol krokodille. Recces plaas springstof in 'n tonnel diep in vyandelike gebied en omskep 'n groot brandstofbergingsplek in 'n Angolese hawestad in 'n vlammehel. Daar was hewige vuurgevegte, oorwinnings, maar ook verliese . . . Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het. 1 Recce: Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se vervolg op sy topverkoper 1 Recce: Die nag behoort aan ons.

    1 Recce

    Alexander Strachan

    1 Recce. Een van die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenhede in die Suid-Afrikaanse Weermag. Dié manne – superfiks en bomenslik taai – het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewe op die spel geplaas in geheime operasies, wat meestal in die nag, ver agter vyandelike linies uitgevoer is. Dekades lank is oor dié geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recces se legendariese bevelvoerders besonderhede oor verskeie polities sensitiewe operasies. Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self ’n gewese Recce, vertel die volle verhaal van 1 Recce se ontstaan, geskiedenis en rol in die Bosoorlog. Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek ’n binneblik op die Recces en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

    1 Recce

    Alexander Strachan

    1 Recce. One of the sharpest, most versatile and deadliest specialist units in the South African Defence Force. These men – superfit and unbelievably tough – were dauntless. Time and again they put their lives on the line in covert operations that were mostly conducted under the cover of night, far behind enemy lines. For decades, the participants have kept silent about these secret missions. Now, for the first time, the Recces' legendary commanders reveal details about their many politically sensitive operations. The award-winning author Alexander Strachan, himself a former Recce, tells the full story of 1 Recce's formation, history and role in the Bush War. After years of myth and secrecy, this book provides an inside look at the Recces and the work they did invisibly behind the scenes.

    'n Wêreld sonder grense

    Alexander Strachan

    ’n Wêreld sonder grense is ’n bundel aaneenskakelende kortverhale, almal onderdele van ’n oorlogverhaal wat met seldsame ekonomie vertel word. Dit is ’n genadelose boek oor ’n brutale bosoorlog; oor ’n naamlose jong seun wat soldaat word deur ’n reeks inisiasies in geweld. Algaande word die veilige wêreld agtergelaat, totdat daar nog net die grense bestaan wat deur die grensloses vir hulself versin word.

    Brandwaterkom

    Alexander Strachan

    Bekroon met die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd. Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Sy is dikwels in die begraafplaas. Dit is waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Veral naby die Brandwaterkom te wees, want dit is waar kommandant Fanie Vilonel in die Anglo-Boereoorlog die oorgawe van meer as vierduisend Boerekrygers bemiddel het. Dis na sý spore dat sy soek, Vilonel s’n. Dan hoor Esther die bakkiedeur klap; sy kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom ’n man aangeloop. ’n Onbekende man. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken . . . Alexander Strachan se Brandwaterkom is ’n dubbelloop-roman: ’n bloedstollende oorlogsverhaal én ’n diepsnydende ondersoek na die verraderlike manier waarop verhale met ons op loop gaan. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers gelyk.

    Dwaalpoort

    Alexander Strachan

    Dwaalpoort is ’n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, ’n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf, en die plaas word nou deur haar man, Henning, bestuur. Ook op die plaas is die wildvanger en oudsoldaat Bullet. Hy was Rentia se pa se regterhand en voorheen haar minnaar. Dit is ’n ongemaklike saambestaan in ’n krisistyd in die plaas se geskiedenis. Strachan laat elkeen van die betrokkenes by dié sleutelgebeure op Dwaalpoort daarvan vertel, en hul stemme is op sigself dwalende spore wat uiteindelik en noodwendig rigting kry na die laaste donker poort. En dit is asof die stemme harmonieer in ’n soort dodemars – die musiek van ’n era wat verbygaan. Terwyl dit alles voltrek word, staan die silhoeët van Mhlophe afgeëts waar hy op die platorand oor Dwaalpoort neerkyk, soos wat hy eeue reeds doen. Met Dwaalpoort kry Strachan die magiese mengsel reg: op die oppervlak is sy verhaal ’n volkome genietbare en onmiddellik toeganklike verhaal van lus en liefde en geweld en geheimenisse. Dáárby is dit ’n uiters stimulerende besinning oor menslike reaksies op ’n verkrummelende bestel.