Elizabeth Wasserman

Список книг автора Elizabeth Wasserman


    Dogtective William and the pirates

    Elizabeth Wasserman

    Alex’s mum wins a luxury cruise holiday and takes her son along. Willem plays stowaway in Alex’s backpack and later in a linen closet on board. When modern day pirates take the ship hostage William’s sleuth skills save the day. Alex and William work together to foil the pirates’ plans, which include locating and stealing a treasure on the tiny island of Trommelin.
    This is the second book in the series. The third, Dogtective William and the Poachers, will be released in February 2014.

    Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)

    Elizabeth Wasserman

    ’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerower behoort. Maar waar lê die wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur (2013).
    Hierdie skooluitgawe van Anna Atoom en die seerower se dolk is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.

    Anna Atoom en die digitale draak

    Elizabeth Wasserman

    Dis somervakansie en tyd vir Darius om op MonPetit te kom kuier. Anna kan nie wag nie! Sy wil vir hom die grotte op die eiland gaan wys, en hulle gaan vir professor Sabatina help met haar navorsing vir die AardWag oor vulkaniese aktiwiteit. Maar iemand anders stel ook belang in die vulkane om die eiland, veral ’n spesifieke ondersese vulkaan bekend as die Duiwel se Skoorsteen. Dié vulkaanmonding vorm deel van van ’n fyn-uitgewerkte plan om die aarde van oorbevolking te bevry en so die natuurlike balans te herstel: Uranus Draak se finale aanslag. Wenner van die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur 2013. Hierdie reeks is ’n klomp dinge ineengerol: avontuur, wetenskapfiksie, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ’n sterk “groen” boodskap.

    Dogtective William travels the world

    Elizabeth Wasserman

    Alex is twelve years old and an only child. He spends a lot of time with his dog, William, which the family got from the SPCA a few years ago. But only Alex knows William’s secret: he can talk! William reveals this to Alex in the car on their trip home from the SPCA. But Alex learns even more secrets about his dog in this book, the first of a series featuring Alex and William’s adventures all over the world.
    William, who is a dogtective, makes arrangements to travel to Istanbul, where, in true espionage-style action, his contact awaits. From there the hunt for the villain Scurvy Scabscratch take them to Venice, Paris, Amsterdam and finally to London, where master criminal Brumbum’s mansion holds the key to the disapperance of the Silver Tulip. With black and white line drawings by Chris Venter.

    Speurhond Willem in New York

    Elizabeth Wasserman

    Adriaan en Willem, sy speurhond-troeteldier, se vyfde avontuur saam speel af in die stad van geel taxi's, wolkekrabbers en warmbrakke! Toe Willem een middag daarop aandring om gebad te word, kry Adriaan dadelik snuf in die neus. Kort daarna skryf Willem homself vir 'n hondekompetisie in, en toe Adriaan hoor die eindronde word in New York gehou, word sy vermoedens bevestig: die Internasionale Speurdiens benodig weer Willem se dienste.

    Anna Atoom en die magnetiese meermin

    Elizabeth Wasserman

    Ton is weg, Brak is onsigbaar en admiraal Atoom se lewe is in gevaar – dit alles te midde van 'n grootskaalse wetenskaplike ingryping in die natuurlike balans van die aarde: Uranus Draak wil die magnetiese pole skuif in 'n poging om aardverwarming te keer. Sal Anna en professor Sabatina die wêreld se slimste wetenskaplikes daarvan kan oortuig dat Uranus se plan op 'n ramp afstuur? En hoe hou Ton se verdwyning verband met Uranus se bose plan?

    Speurhond Willem en die seerowers

    Elizabeth Wasserman

    Adriaan se ma wen ’n reis op ’n passasierskip teen die Ooskus van Afrika op. Willem gaan saam – versteek in Adriaan se drasak. Toe seerowers die skip naby Madagaskar gyselaar neem is dit Willem wat tot die redding kom. Op die koop toe gaan soek Willem en Adriaan ‘n versteekte skat op die piepklein eilandjie, Tromelin.

    Speurhond Willem in die ruimte

    Elizabeth Wasserman

    Na hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle dié keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie! Voor jy kan sê “gespikkelde spanjoel” is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in ‘n Sojoes-ruimtetuig gelanseer word. Iets skort met die Internasionale Ruimtestasie se suurstof-toevoerstelsel. Kan dit wees dat ‘n saboteur hier doenig is?

    Anna Atoom en die seerower se dolk

    Elizabeth Wasserman

    Hierdie verhaal is ’n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, die ou gunstelingtema van seerowers, wetenskap, die uitgestorwe dodo, die seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en les bes ’n baie sterk “groen” boodskap. Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes, wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Die twaalfjarige Anna ontdek tydens haar middagswem ’n seerowerswaard en is vasberade om die gesonke seerowerskip die Chivonne, met al haar skatte, op te spoor. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met ’n heerlike sin vir humor. Hierdie is die eerste in ‘n reeks van drie boeke.

    Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan

    Elizabeth Wasserman

    Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in ’n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets.
    Knersius is die speltoetser van ’n groot boekuitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen. Die tweeling se troeteldier is ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Maar seker die belangrikste karakter in die verhaal, behalwe die tweeling natuurlik, is hulle oupa.
    Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis in ’n soort kelderverdieping, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy laboratorium.
    Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alle ingewikkelde goed “dinges”. Hierdie boek vertel hoe Jannus en Kriek hulle oupa beter leer ken, en die storie van hulle eerste avontuur saam.